AJ DeVos (oftewel AJ Marais) is ’n 36-jarige sanger en musikant van die Oos-Rand in Gauteng. Hy is reeds verskeie jare in die musiekbedryf doenig en het bekendheid verwerf vir sy treffer Hier en Nou , wat in 2021 uitgereik en baie goed ontvang is. Hierdie veelsydige kunstenaar met sy rasperstem, wat homself beskryf as ’n gesinsman wat die beste eggenoot en pa wil wees wat hy kan, is passievol oor Afrikaans daar is vir hom geen groter voorreg as om musiek te kan maak in sy moedertaal nie.
Alhoewel hy nog altyd lief was vir sing, het hy eers besluit om sy werk as veiligheids- en gesondheidspraktisyn te verruil vir die verhoog. Afrikaanse en country-musiek was nog altyd bo-aan sy speellysie en hy meen dat sangers soos Theuns Jordaan en Johnny Cash ’n groot invloed gehad het op sy eie styl van musiek.
Die musiekbedryf het AJ geleer om geduldig te wees en hard te werk vir wat hy wil hê. Hy glo dat musiek die beste oplossing is vir enige probleem en dat hy beslis sy doel in die lewe uitleef. “My toekomsplanne is om net myself te wees en my eie stempel op die bedryf af te druk, sodat almal kan sien wie AJ DeVos regtig is,” sluit hy af.
Aj spog met drie enkelsnitte reeds wat op plaaslike radio stasies uitgesaai word onder andere: Groot FM,Bosveld Stereo, Lekker FM,Tygerbeg FM en vele meer. AJ spog ook met “cover” liedere wat opgeneem is en ook hulle sukses bepaal op versekeie radio stasies.
AJ het ook tydens optredes al die verhoog gedeel met verskeie ander bekende kunstenaars. AJ is ‘n talentvolle kunstenaar, lojaal, gefokus en hardwerkend. AJ is passievol en met elke optrede vertoon net die beste van hom, hy is goed met sy gehoor en altyd vriendelik.
AJ het ook in 2020 en 2022 deelgeneem aan die Onesto sang kompetisie en deur gedring tot die finale rondtes asook die bekende Die Kontrak 2022 en 2023 sang kompitiesie – waar hy ‘n merkwaardige 25 000 + views op behaal het tydens die inskrywing proses.
AJ spog met die Afri-Indie Onafhanklike kunstenaar toekenning wen vir 2023 in die katogorie – Beste nuwe enkelsnit van 2023 met sy enkelsnit Hart Roep Hart.
Drie van sy musiek videos is reeds beskikbaar.
(Druk op die naam om die link te open)
AJ is suksesvol geregistreer by Risa en SAMRO